
=====================================================================
S praat die mense (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


S praat die mense

Anastasia de Vries vra haar kontrei se mense watter taal hulle die liefste praat. DERTIENDE laan, Ravensmead. Dis waar ek woon, waar ek 
leef. 'n Dorp deels werkersklas, deels middelklas. Dis 'n oppervlakkige, fisieke onderskeid: ekonomies, sosiaal of wat daardie soort 
verdelings ook mag behels, en soos 'n populre mening dit wil h, ook wat taal betref. Neem ek my straat as mikrovoorstelling van my dorp, 
kan ek allerlei uitsprake maak oor die taalsituasie by my mense. So kan ek beweer dat Afrikaans in Ravensmead op die Kaapse Vlakte leef, 
dankie.

Waar staan Afrikaans by my mense? In my straat hoor, proe, voel en sien ek net Afrikaans. Maar hoe nou gemaak met die vermeende 
verengelsing van die middelklas of die aspirasies van die werkersklas wat net oor hul eie oorlewing gaan? Al staan ek met albei my bene in 
al twee hierdie groeperings, durf ek net my eie menings laat geld? Namens wie of vir wie praat ek dan? Oor my mense praat, is oneerlik, 
daarom loop praat ek liewer met hulle.

Ek vaar die strate in en knoop geselsies aan met wildvreemde mense, klop aan werkerslas- en middelklasdeure, luister en vra uit by die 
behuisingskantoor, hang op die jaart rond by 'n sjebien of twee en bel die biblioteek. Toenemend word ek uit my "gelerenteit" gepluk oor en 
in Afrikaans. Weliswaar Afrikaans wat die veeltalige en multikulturele aard van ons land weerspiel, maar ook Afrikaans as die gemene deler 
wat kunsmatige grense op my dorp ophef.

Ja, daar is verengelsing, veral by die middelklas, en juis omdat dit oor oorlewing gaan. Midde-in hierdie oorlewingstryd is die kinders, 
want dis hulle wat by uitstek hierdie verengelsing ondergaan. Die meeste ouers stuur hul kinders na Engelse skole omdat hulle voel dit gee 
die kinders beter toekomsvaardighede. Hulle is deeglik bewus daarvan dat die kind se verengelsing tot die skool beperk is, want tuis word 
daar in Afrikaans geleef en gealles. Maar hulle het nie 'n keuse nie, het hulle? En ja, s word die kinders verwar en presteer nie na 
behore nie, maar hulle word minstens ook aan Engels blootgestel. Dit kan nie anders nie, want weg van die skool is hulle Afrikaans -- dis 
tog ons moedertaal? Sommige het aangedui dat Engels wel hul huistaal is, maar dat 'n terugval na Afrikaans onvermydelik is, aangesien dit 
die meeste van die ouers se moedertaal is.

Afrikaans, s die werkersklas, is ons moedertaal en daarom stuur ons nie ons kinders na Engelse skole nie, want wie gaan hulle by die huis 
help? Skoolwerk is nie meer wat dit was nie, en dan nog in Engels? Aikona! Suka!

Ja, maar dis tog nie genoeg om net Afrikaans te praat nie? Dink ons ooit oor Afrikaans? Aan haar geskiedenis, die geweld in en deur 
Afrikaans? Hulle weet al daardie goed en daarom het hulle tydens die opstande hul seer en woede daaroor uitgebaklei in Afrikaans toe "jy, 
djiffrou, nog iewers op 'n skoolbank strre gesit en stompskuur het aan boekgelerenteit". En dit is ook nie die taal wat die euwel was nie, 
maar die system.

Hul taal is Afrikaans, die enigste taal wat hulle kan praat. Hulle kan nie oor die politiek 'n keuse vir Engels teen hul Afrikaanswees 
uitoefen nie, want dan moet hulle maar heeltemal ophou praat. Toe staan ek maar uit die water uit en geniet my mense se debatvoering oor 
Afrikaans. Aspirasies!

By die behuisingskantoor hoor ek van ouers dat daar wraggies skoolgaande jong mense is wat nie Engels wil praat nie. Maar, vra ek, wat maak 
julle in situasies waar julle Engels moet praat? Nee, s hulle, dan maak ons maar wat mense maak wat nie Afrikaans kan of wil praat nie en 
ons s ons praat nie Engels nie. As hulle dan steeds nie gehelp kan word nie, gaan hulle maar daar waar hulle in hul taal gehelp kn word.

Wat van ons aspirasies wat slegs oor ons eie oorlewing gaan? Die vroue aan wie ek die vraag stel, kyk so na mekaar en die een s: "Dis nou 
'n kwaai insult! Sy s nogal ons worrie net oor waar ons brood en botter mre vandaan kom, en dis 'n bleddie insult! Tamaaf! As ek jou ma 
was, het ek jou dwars in jou mond geklap!" Waaroor het ons dan nou die hele tyd gesels? En lyk dit nou vir my of hulle nie oor ander goete 
dink nie? Soos hoe hulle voel as hulle moet Engels praat nie? As 'n mens nie aandring op Afrikaans nie, en maar eerder Engels praat, kan jy 
jou huis of meer verloor en dan kom ek nog hier aan met beledigings!

Een van die behuisingsinspekteurs, mnr. Louw, vertel by die een of ander gemeenskapsvergadering wou die spreker Engels praat, maar hy is 
baie gou stilgemaak met: "U weet mos wat ons moedertaal is!" Hy het ook beklemtoon dat 99,9% van alle mense, oor alle sosiale grense heen, 
hul sake slegs in Afrikaans beding. Ook diegene wat aandui dat Engels hul huistaal is, beding uiteindelik hul sake in Afrikaans.

Ek bel die biblioteek om syfers te kry wat bostaande kan bewys of weerl. Ek het geredeneer dat as daar grootskaalse verengelsing is, 
behoort die boeklenings dit aan te toon. Ook moet die kinders se verengelsing iewers ondersteun word indien dit nie tuis gebeur nie. Mev. 
Bothma, een van die bibliotekaresses, gee toe dat daar 'n toename in Engelse boeklenings is, maar di in Afrikaans vertoon geen 
noemenswaardige afname nie. By die kinderboeke waar mens 'n beduidende toename sou verwag, word steeds 'n groter lus vir Afrikaans getoon 
as vir Engels.

Op pad huis toe stop ek 'n paar horskoolkinders, gedagtig aan die bewering dat daar jong mense is wat nie Engels wil praat nie, vra of 
hulle Engels praat en kry 'n teenvraag: "Vir wat?" Ek verduidelik, hulle lag en s maar hulle het mos 'n taal. As hulle dan nou eendag 
universiteit toe moet gaan, is daar mos Afrikaanse universiteite, dan nie, s hulle met die jeug se geloof.

En toe vaar ek die sjebien in en vra daar watter taal hulle praat. En ek kry 'n vuil kyk. Natuurlik is dit Afrikaans, dit klink maar net 
nie soos "julle taal" nie, maar dis Afrikaans! En as julle moet Engels praat? "Nee, dan's dit niks nie, net bona." So julle bedoel 
Afrikaans is julle taal ook? En een ou wat ek van my kinderdae af ken, s ewe: "Vir wat s jy oek? Dis ons taal." En toe hoor ek op 
kaalvuis (skies, amper s ek kaalgat)-Afrikaans: "Die djif is geleerd, maar jassis, sy is dom!"

En ek swyg geleerd in alle tale. En laat die stemme van my mense hoor. Anastasia de Vries   werk aan haar doktorale studie in Afrikaans en 
gee tans klas by die Universiteit van Wes-Kaapland.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av623.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

